Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Elias P Nel

@ Sunday Times Books LIVE

Elias P Nel Latest

Bek sonner brieke

In hierdie vertellinge is oom Goliat Tross, oftewel oom Gollie of kortweg sommer oom Goltros aan die woord. Hy het heelwat te sê oor die eienaardige mense van Verneukpan en die eienaardighede wat hulle doen en sê. Daar is stories oor oom Goltros se ontmoetings met spoke, die moelikheid wat hy as “outerlink op die banke” met verkeerde mense het, mouters wat gaan staan of te vinnig ry, en dan is daar nog die drank ook. So vertel hy van ou Hans Arnols: “Onbruikbare mens as daar al ooit een gewees’it. Hy’t mos van jongsdae af die probleempie mettie drank saam. En hoe ouerter hy raak hoe erger raak die affering. Smaak my hy was oppe kol ok amper uit sy vrou uit oor diese drinkery.”

Nel skryf hier in die dialek van die mense van Verneukpan in die Noord-Kaap, wat met sy eiesoortige uitdrukkings en woordeskat op sigself die boek lesenswaardig maak.

ISBN-13: 9781869194604
Koop nou